Terebess Asia Online (TAO)
Index

Home

Haikoe in Afrikaans

 

Hennie Aucamp (1934-)
Vlamsalmander. Pretoria: Protea Boekhuis, 2008. 115 pp.
http://www.litnet.co.za/Article/hennie-aucamp-1934

boom in die woestyn
span sy tentseil teen die son
eerste bedoeïen.

 

Floris A. Brown (1948-)

1.
Haar diep seer geheim
Lê rugkant van reënboog
Waar niemand kan sien

2 .
hulle ruik reën
versamel haastig stokkies
op pad na somer

3.  
hoog in die Andes
sweef die kondor op die wind
alles vrees wat leef

4.
wat 'n groot verlies
vere bloed in hoenderhok
prêriewolf was hier

5.
tifus maltakoors
droes laat my bedel op straat
my plaas lê verkoop

6.
hipochoristies
speel noordpoolvosse in sneeu
wit pelsies op pad

7.
my noktifobie
laat my heelnag kerse brand
gee my lig en son

 

Eveleen Castelyn (1928-2004)
Minder as die engele (Human & Rousseau, 1990)

Roosblare bêre
hartvormig in diep laaie
die as van liefde

In die eendeweer
loop die dakkie van my hoed
oor soos my gemoed

Kelke eendagmooi
blom in die nag leliewit
maagdelike dood

Maanblom speel trompet
kaktusfagotte blaas ‘n
somernag-taptoe

Motsag toegespin
verswilde aardbol draai
maansiek om die son

 

Daniel Hugo (1955-)
http://www.litnet.co.za/Author/32/Daniel%20Hugo

o haikoe sonder
natuur en die seisoene:
padda sonder poel

 o haikoe sonder
getelde lettergrepe:
lente sonder swaels

 haikoewêreldjie:
net sewentien treë tot by
die top van Fuji

 die haan het 'n dag-
breekskerf in sy keel, kraai hy
kry die rooidag kleur


Japanse skryfskool

vergete vywer
'n padda spring van die wal
geluid van water

(Basho, 1644–1694)

leerder:
daar is 'n padda
wat die heelnag kik en hik
soos 'n kraan wat drup

leermeester:
in egte haikoes
spring die padda in 'n poel
en verdwyn vir goed

in egte haikoes
vermy die digter verge-
lykings soos die pes

in egte haikoes
verwag 'n mens bloukraanvoëls
in plaas van krane

leerder:
daar was 'n padda
in hierdie haikoe, maar hy't
vir die kraan geskrik

padda:
die haikoedigter
tel heelnag lettergrepe –
padda langs 'n poel


Slotsom

dronkverdriet is al
wat my nog gelukkig maak –
dis tranedal dié

 

Helene Kesting
Klein akkoord: 100 haikoes, Kaapstad : Tafelberg, 1979, 41 p.

 

Koos Kombuis (1954-)

 

Elza Lorenz
Transverse: Haiku, 2-toners, Verse.
Heidelberg, South Africa: Gnomic Press, 1999.

Muis

Uit sy mondhuik rys 'n lugblaas
voor hy soos ontredderde sperm
wegsink, blind stu en beur

 

Fanie Olivier (1949-)

die bakoond se ruik
hang soet en rys oor die werf
'n groot vars brood

 

Arthur Viljoen (1923-)
http://haikuhaikoe.blogspot.hu/

Lente

Bloeiselseisoen -
Hoe kan die hart ge-yk,
Onpartydig wees

Vanmôre helder
Wakker geword -
In die arms van die lente

Winter se grys kokon
Breek oop in helder
Skoenlappers

Winter word lente -
Donderwolke maak gereed
Vir gieterggoi

Blomperskeboom
Reeds vol bloeisels -
Twaalf Julie?

Prima Verde
Eerste groen -
Lewe vol lente

Tuin-parfumerie -
Lente reën bring
Kamferfoellie-geur

Bloesels dans met my
Die voorjaar in -
Lug vol jong liede

Jangroentjies groet die lente -
Note, nektar, kleure,
Verliefde oomblik

Fiksburg se
Kersiebloeiselbome -
Daglank confetti-strooi

Lappie groen
In die wintertuin -
Tuinslang-sproeireën

Basho herlees -
Sien en ruik die hemel
'n hele kersie-lente lank

Loop saam met Basho
Tot in Yoshino -
Kersiebloesel plaveisel

Voorjaarkunstenaar -
'n Nuwe lentedoek
Elke dag

Swartkoptiptol,
Goue wielewaal -
Groenoog lentedag

Sonneblomskildery -
Maak die grys-grou dag
Vol sonskyn

Weerligstrale
lui die lente in
blink en galmend

Laat-herfs reën.
Vroë lentebloeisels -
Noodwendig !

Lentegeure so potent
Maak dieper vrolik as
Muti van mampoer

Na-winterreën -
Lang verwagte
Renaissance

Die lug so blou vandag -
Hardloop kind,
Die son-dag in

Die vyeboom hys
Malagiet-groen vlaggies -
Lente word gebore

Augustesmaand -
Koraalboomblomme lok
Neongroen jangroentjies

Tussen die kweekgras
Pers-blou spatsels ysterkruid -
Sypaadjie blomtuin

Oktoberlug -
Blou hemel en
Klein koringblommetjies

Elke lente
Vernuwe my vreugde -
Domo arigato

Kerstyd -
Wit magnolias blom
Tot in die Stal en Krip

Lente môre: ek hoor
Die silwer fluit van
Piet-piet-kokkewiet.

Hierdie seisoen -
In die lente tyd -
My afbeen-vinkie dood

Volmaan spieël haarself
Heelnag deur in
Die blink van die seë

Vêr uit op die seë -
Weerligte blom
In die nag se tuin

Pers-blou jakarandastad -
So na jou verlang,
En na jou lentes

Voorjaar by die Nio-meer -
Kuier met Basho in sy
Kersiebloeisel-hemel

Eerste lentelug
Bring dartelvreugde -
Sekelvlerk-swaeltjies

Lou winde waai
Die koue najaar weg -
Tot volgende jaar

Namakwaland -
'n Goue spieël
In die lenteson

Gousblomme by Goegaap,
Knersvlakte se kelkiewyn
Daglank heildronk drink


Somer

Stormreën, motreën,
Geelperskereën
Altyd dankie-sê vir reën

Hart van die somer:
Sonlig en reënvars wind
En swart-groen skaduwees

Paradys-groen dae
Pruimblou rante
Skemerblou aande

Wolke blom
In die somerlug -
Tuin sonder einde

Somertyd, wintertyd -
Helftes van
Ewigheid

Die somer blom uit -
Wit aaronskelke,
Maagdelik rein

Wit blomkoolwolke
Vol somerreën,
Weerlig en hael

Magnesiumwit strale
Lui die somer in
Skriklike skoonheid

Bloumaanlig nestel
In die holtes van die roos -
Ondraaglike vrede

Kalm somerdag -
Moeder van
Ongebore storms

Hoëveldse somerdag -
Waar anders pluim stormwolke
So hoog en wyd

Piep-klein voëltjie soebat
In die stormwind -
Ma en alles weg

Somerwolkies -
Gepluisde wattetjies haak
In doringtakkies vas


Herfs

Blare al valer
Takkies al kaler -
Maklike profesie

Herfs bring rykdom:
Groen smaragde, topaas en
Geel ou-goud

Najaarsblare word bruin -
Voorbodes van
Voltooiing

Daglank val die blare:
Groen, roesbruin, vuurrooi -
Kompostyd

Maart-kosmosse blom
Verwese tussen
Halfklaar plakkershuise

Herfs vol
Hartseer dae -
Sanctae lacrimae

Augustes reën naby -
Brulpaddas kwaak
Helder oordag

Laat-April -
Somerswael swenk noordwaarts
Teen die herfswind in

Goue najaar
Marmelade-heerlikheid -
Bittersoet-onthou

Einde Maart,
Suidewindvoorbode -
Vroeë herfs

Laat-April eindig
Die somer -
So onverwags

Herfsswaeltjies ryg
Pêrelsnoere in
Op telefoondrade

Die herfsdag vermooi -
Drome word Döhrer-etse
Teen die aandlug

Laat herfs-aand
By Spitzkoppen -
Ghekko-geitjie paradys

Oggendson
In die bashoboom -
Goue gedagtes


Winter

Winter sonder son -
Heeldag lank
'n Droewe landskap skildery

Winternagdagbreek -
My venster draai
Onder die melkweg in

Kokkewiet in die winter -
Fluit-fluit
Storie uit

Yskoue dag -
Iewers, wilgerboom
Wag die lente

Windstil winteraand -
Wit maanskyn word
Witter ryp

Knoetsige ou eik -
Blare bot en val
Nog elke jaar

Hemel-kyk
Sitrusdal tot Kekenaap -
Blinkoog-wintersterre

Droë winter -
Langlyf meerkat lek water
Uit die voëldrinkbak

Laat winterdag -
Strepie-koeltetjies
Word koue skaduwees

Winterkoue bring
Dik kouse, dik klere,
Dik verlange

Blaarlose winterboom -
Al die somerkennis hier
Voltooi